Nampo

Verslag - NAMPO 2010

Die belangstelling in Sussex beeste by hierdie jaar se Nampo was egter ongeken, en het alle verwagtinge oortref.

Dit was veral interessant om op te merk dat baie van die boere te kenne gegee het dat hulle reeds voorheen Sussex gebruik het, en “ … nou weer Sussex nodig het …” In die meeste gevalle is lae geboortemassa en swaarder speengewigte as redes aangevoer.

Daar was ook besoekers wat op die punt staan om met beeste te begin boer, wat inligting oor die ras wou gehad het. En dit is net hier waar ons die uitklophou geslaan het met die DVD. Wat ‘n wenner is dit nie! Ons het die beplande 100 DVD’s gratis uitgegee aan belangstellendes, Sussex lede, Sussex telers, selfs ook aan landbou studente en ‘n landbou skool. Die DVD is ook natuurlik daar vertoon, wat die aandag van verbygangers getrek het (of sal ek sê, aangegryp het!)

Natuurlik is Nampo niks sonder die telers wat gehelp het met die voorbereiding en diensbeurte tydens die uitstalling nie. Mev.Daleen Potgieter, Mnre. Chris Nel, Dallas Phillips, Nico Bouwer en ons nuwe sekretaresse, mev. Maureen Laubscher en Me.Valana Olivier, (klere en geskenke) moet hier spesiaal bedank word.

Baie dankie aan Huntersvlei Farms wat diere (wat ook die Vryburg kampioene was) beskikbaar gestel het vir die duur van die oesdag