Shows

Verslag – Vryburg skou 2009


Soos verlede jaar was die Sussex kampioenskappe by die Vryburg Skou ‘n baie groot sukses. Dit is goed ondersteun deur telers, selfs sover as Clocolan en Thaba Nchu. Die deelnemers was Huntersvlei Farms, Willie Anderson, Pothou Sussex stoet en Jare Sussex stoet. Die beoordelaar was mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

Kompetisie was straf en uiteindelik was dit die bul van mnr Jaco Coetzee van Jare Sussex stoet wat geseëvier het as raskampioen bul, en Huntersvlei wat die kampioen vroulike dier vertoon het.

In die interras kampioenskappe was die kompetisie baie straf en was die Sussex inskrywings goeie kandidate vir die interras kampioen, maar dit was ons ongelukkig nie beskore nie.

Daar word hard gewerk deur die Sentral Sussex Klub om die standaard van ons fasiliteite by die Vryburg Skougronde op te knap, en hopenlik sal die Nasionale Kampioenskappe binnekort weer daar aangebied word.

Hoop om u volgende jaar daar te sien as deelnemer of as gas.

Vryburg Show

Vryburg Show

Vryburg Show